
Goeie middag !
ONS krag het Vrydagmiddag om 15:40 afgegaan. Ons het gedink dis weer ‘n kragbesparings oomblik, omstreeks 18:00 het ons 086 056 2874 geskakel en na 35 minute deurgekom en dit gerapporteer. ‘n Verwysings nommer gekry – 17761881. Die aand 11:30 kom die man en vind die kabel van die paal tot in die huis is beskadig. Hy sê toe aan my hy sal dit so rapporteer en dat iemand vroegoggend sal uitkom om dit te herstel! So aanvaar.
Saterdagoggend toe skakel ek hom weer en hy sê sy werkspan sal teen 08:00 hier wees, weer so aanvaar!
Ek het Mev Bev Turk en Fey in kennis gestel van my probleem.
Mev Bev Turk het dadelik my gebel en al die besonderhede geneem en ‘n uur later is ‘n man van City Power hier net om dieselfde nuus met my te deel.
En dat die spesiale toetsspan sal uitkom en die kabel te toets en daar gaan hy ook met dié woorde, ek is nou terug en hy kom nou nog nie.
Weer eens het ek Mev Bev gebel en elke uur daarna het sy my gebel om te hoor of daar vordering is; tot en met 23:00 het ons in kontak gebly.
Baie dankie Mev Bev Turk, jy gee regtig om en ons waardeer dit terdeë van die Schoombie gesin!
Sondagoggend weer City Power en Mev Bev Turk geskakel en 07:00 het hulle toe opgedaag en met spesiale toetse begin en die moontlike probleem gekry .
En so gerapporteer, kontrakteurs is uitgekry om die kabel te herstel. Dankie manne vir julle werk. Net daarna vind hulle die kabel was nie foutief soos aangewys nie en ontbied weer om 12:00 die spesiale toetsspan .
Om 14:48 op ‘n Sondag bel ek weer Mev Bev Turk om terugvoering te gee dat ek weer eens wag vir ‘n toetsspan! Ai jammer mevrou, weet jy het ook ‘n familie! Sy het weer vir my ingetree en 15:40 het die toetsspan gekom.
Ek wil net sê dat ek dink die diens is swak van Vrydag tot Saterdag!
Die span wat Sondag kom werk het, wil ek baie dankie voor sê vir julle goeie werk.
Nogmaals dankie Mev Bev Turk, vir al jou tyd en foon-oproepe en geduld met my!
Dan spesiale dank aan my buurman Nic en sy vrou Ansa wat ons met ‘n koord en krag gehelp het om al ons vleis en yskaskosse te red om skade te voorkom het, en ook Cedric, Annamarie en Henry .
Cedric Schoombie, Suid-Heuwels.



