Hester vier 89ste verjaarsdag
HESTER Krause het die voorreg gehad om haar 89ste verjaarsdag op lentedag te vier. Sy het die geleentheid saam met haar kinders en kleinkinders teenwoordig gevier. Sy bly tans by haar dogter, Estelle Mouton, in Kenilworth. Haar man, Klok Krause is agt jaar terug oorlede en het altyd Kersvader gespeel en op ‘n bakkie in …
HESTER Krause het die voorreg gehad om haar 89ste verjaarsdag op lentedag te vier.
Sy het die geleentheid saam met haar kinders en kleinkinders teenwoordig gevier. Sy bly tans by haar dogter, Estelle Mouton, in Kenilworth. Haar man, Klok Krause is agt jaar terug oorlede en het altyd Kersvader gespeel en op ‘n bakkie in die Suide lekkers aan die minderbevoorregte kinders uitgedeel.
Hester het drie kinders, Susan Carter, die oudste dogter, Willie Krause, die oudste van die kinders wat in die Kaap bly. Sy het ses kleinkinders, Wayne Carter, Natasha van Zyl, Johan Krause, Tanya Krause, Christiaan Mouton en Peter Mouton. Sy het ook twee agter-kleinkinders, Bevin en Erin van Zyl wat in Esten, Kwa-Zulu Natal bly.
Op 31 Augustus het sy na Susan and Arnold Carter vir die vakansie gevlieg. Die 1 September het sy haar 89ste verjaarsdag gevier en haar kleindogter, Natasha, man Willie en die twee agter-kleinkinders, Bevin en Erin, het haar daar verras.