CH000385
KENNISGEWING INGEVOLGE ARTIKEL 34 VAN DIE INSOLVENSIEWET, 24 VAN 1936 Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 34(1) van die Insolvensiewet, No. 24 van 1936, soos gewysig, dat dit die voorneme is van Labuschagne Familie Trust Registrasienommer: IT2653/2004, (hierin verteenwoordig deur Ernst Labuschagne) wat sake doen onder die naam en styl van Labuschagne Familie Trust te Plaas Groenvley, 224 KR, Provinsie Limpopo, om die genoemde besigheid as `n lopende saak, insluitend alle klandisiewaarde, bates, handelsvoorraad, toebehore en toerusting daarvan, insluitend die Restant van die Plaas Groenvley 224 KR., Limpopo Provinsie, te vervreem en oor te dra aan Zenvora Group Pty Ltd, Registrasienommer: 2026/196599/07, (hierin verteenwoordig deur Andor Feher) wat die besigheid vir eie rekening by dieselfde adres sal voortsit. Die effektiewe datum van die genoemde oordrag en vervreemding sal wees na `n tydperk van 30 dae vanaf die datum van advertensie. APPLIKANT: VDT PROKUREURS, POSBUS 499, PRETORIA, 0001, Ruan@vdt.co.za, 012 452 1300
Reference Number: CH000385