MW007574
KENNISGEWING ERF 883 EMALAHLENI UITBREIDING 5
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikels 98
•100 van die Emalahleni-verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondge-
bruikbestuur, 2016, saamgelees met die bepalings van die Emalahleni- grondgebruikbestuurskema, 2020, vir `n aansoek om hersonering vanaf `Residensieel 1` na `Residensieel 4` en die opheffing van beperkende voorwaardes op Erf 883 eMalahleni Uitbreiding 5. Ek, Shadrack Zulu van die konsultasiefirma Insika Yezwe Town Planners (Pty) Ltd, het die bogenoemde aansoek by die Emalahleni- munisipale kantore ingedien. Die aansoek is beskikbaar vir insae by die volgende persoon en adres:
Me. D Mkhabela (013 690 5354), Direktoraat Ontwikkelingsbeplanning, 3de Vloer, Burgersentrum, Mandelalaan, Emalahleni 1035. Die aansoek kan ook aanlyn besigtig word by die volgende webadres: https://epglum.co.za. Gemotiveerde besware kan ingevolge Artikels 103 en 104, binne 30 dae vanaf
6 November 2026, ingedien word. Besware moet gerig word aan die Munisipale Bestuurder en die agent by die e-posadres: Szulu@insikayezwetp.com
Reference Number: MW007574