SA002787
POLOKWANE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KENNISGEWING VAN `N AANSOEK OOR HERSONERING INGEVOLGE ARTIKEL 61 VAN DIE POLOKWANE MUNISPALE BEPLANNINGS BY-WET, 2017 (SOOS GEWYSIG 2025)
•WYSIGINGSKEMA 361 MET BYLAAG 144 Ek, Marco Nolte van Natura Professional Planners (Edms) Bpk, synde die aansoeker en gemagtigde agent van die eienaar van die eiendom, Resterende Gedeelte van Gedeelte 1 van Erf 686 Pietersburg, gee hiermee kennis ingevolge Artikel 95(1)(a) van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), dat ek/ons aansoek gedoen het by Polokwane Munisipaliteit vir die wysiging van die Polokwane Gentegreerde Skema, 2022, in terme van Artikel 61 van die Polokwane Munisipale Beplannings By-Wet, 2017 (soos Gewysig 2025), van die eiendom soos hierbo beskryf. Die eiendom is gele te: 35a Thabo Mbeki Straat (2354`36.45″S, 2927`38.94″E).. Die hersonering is van `Residensieel 3` na `Spesiaal` vir Mediese Spreekkamers, Skoonheidsalon, Kantore en `n Koffiewinkel onderhewig aan voorwaardes in Bylae 144. Die eienaar beoog om `n nuwe moderne ontwikkeling op die eiendom te ontwikkel. Enige besware of kommentare, insluitend die gronde daarvan met volledige kontakbesonderhede, moet ingedien word by, of skriftelik gerig word aan: Bestuurder: Stadsbeplanning en Eiendomsbestuur, Polokwane Munisipaliteit, Posbus 111, Polokwane, 0700 vanaf 23 Oktober 2026 tot 20 November 2026. Enige persoon wat nie kan skryf of lees nie, kan gedurende kantoorure die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bywoon, waar `n amptenaar daardie persoon sal bystaan om `n kommentaar in te dien. Volledige besonderhede kan gedurende kantoorure by die Munisipale kantore soos hieronder uiteengesit besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van eerste publikasie van die kennisgewing in die Provinsiale Koerant/Polokwane Review koerant. Adres van Munisipale kantore: Hk. van Landros Mare- en Bodensteinstraat, Burgersentrum, 0699. Sluitingsdatum vir enige besware en/of kommentare is 20 November 2026. Adres van applikant:
Limassolstraat 02
Ismini Kantoorpark
Polokwane
0699
Tel nr.: 074-544-5544
Datums waarop
kennisgewing
in die Provinsiale
Koerant gepubliseer
sal word:
23 en 30 Oktober 2026.
Reference Number: SA002787