TA017658
KENNISGEWING VAN `N GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK
Ons, Nuplan Development Planners BK, het `n aansoek om grond ontwikkeling ingedien ingevolge Artikel 80 van die Chief Albert Luthuli Munisipaliteit se Bywet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2016, vir die Spesiale Toestemming van die Munisipaliteit om Gedeelte 1 van Erf 751, Carolina, gele noordwes van die R38 (Voortrekkerstraat) in Niekerkstraat in sentraal- Carolina, te gebruik vir `n “Drank onderneming” onder die huidige “Besigheid 1” sonering. Die doel van die aansoek is om die bestaande drankverwante grondgebruike te regulariseer volgens die vereistes van die Grondgebruikskema.
`n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is verkrygbaar gedurende normale kantoor ure by die kantoor van die senior bestuurder grondgebruiksbestuur; departement beplanning en ekonomiese ontwikkeling, tweede vloer, h / v voortrekker- en versveldstraat, 1185, kontaknommer: 017-843-4082. Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: die Hoof Stadsbeplanner, Privaatsak X719, 1185; of afgelewer word by die afdeling Rekords, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling Departement tweede verdieping, h / v Voortrekker- en Versveldstraat; of gefaks na 017-843-4066; of e-pos aan: bianca@albertluthuli.gov.za of thwalaan@albertluthuli.gov.za nie nie later as 29 November 2026, synde 30 dae vanaf
30 Oktober 2026. Die formaat vir die kommentaar vir besware is beskikbaar by die kantoor van die senior bestuurder grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die munisipaliteit se webwerf
(www.albertluthuli.gov.za). Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die kantoor van die senior bestuurder grondgebruiksbestuur afdeling, gedurende kantoor ure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Adres van agent: Nuplan Development Planners,
27 Shuttle Straat, Steiltes. Posbus 2555, Nelspruit, 1200.
Tel: 013-752- 3422,
Faks: 013-752-5795,
Epos: admin@nuplan.co.za,
Verw.: MVS-CC-001
Reference Number: TA017658