TA017661

KENNISGEWING VAN AANSOEK VIR GRONDONTWIKKELING IN TERME VAN DIE STAD MBOMBELA RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR VERORDENING

Ek, Werner Mostert van die firma GAP Development Planners het `n grond-

ontwikkelingsaansoek ingevolge Hoofstuk 6, gelees met Artikel 51(1), Artikel 50 en Artikel 67(1)(d)(iv) van die Stad Mbombela Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik-

bestuursverordening, 2019 by die Stad Mbombela Plaaslike Munisipaliteit ingedien onder verwysingsnommers TE/26/00005 en SX/26/00017. Die doel van die aansoek is om `n kommersile dorp te stig (naamlik Shandon Dorp), bestaande uit ses (6) erwe op `n Gedeelte van Gedeelte 21 (Voorgestelde Gedeelte 23) van die plaas Shandon 194-JU, bestaande uit een (1) erf vir `n privaat toegangspad, twee (2) besigheidserwe vir die doeleindes van `n deurryrestaurant, een (1) besigheidserf vir die doeleindes van `n winkelsentrum en `n deurryrestaurant en twee (2) erwe vir privaat oopruimte doeleindes; vrystelling vir die registrasie van `n 10m bre reg-van-weg serwituut oor voorgestelde Erf 2 ten gunste van voorgestelde Erf 3, asook die registrasie van `n notarile verbintenis tussen voorgestelde Erf 2 en voorgestelde Erf 4, in beperking van afsonderlike vervreemding, ten einde voorsiening te maak vir gedeelde parkering en toegang. Die betrokke eiendom is gele binne die grense van die Stad Mbombela Plaaslike Munisipaliteit. Verder is die betrokke eiendom gele op die hoek van Cashewstraat en Uitkykweg/Pad P585, Mbombela, by die volgende benaderde GPS-kordinate: 2530`53.14″S, 3100`15.00″E.

`n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is gedurende normale kantoorure beskikbaar vir besigtiging by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, kontaknommer 013-759-2185.

Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes vir beswaar moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200 of by die Registrasie afdeling van Rekords, Eerste verdieping, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of e-pos aan: registry@mbombela.gov.za nie later as 30 November 2026.

Die formaat vir die kommentaar vir besware is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder – Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf

(www.mbombela.gov.za).

Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag met enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder – Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoorure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.

Applikant se Kontakbesonderhede:

Naam: GAP Development Planners

Fisiese Adres: Russellstraat 26, Mbombela

Telefoon Nommer: 013-752-7513

E-pos: admin@gapdevelopments.co.za

Reference Number: TA017661

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button