BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Pitkos vir my Siel – Wat doen U?

Dit is my wens vandag dat u die woorde van die kaartjie in u hart sal bêre en dit ook die kompas van u lewe sal maak!

Ek was ongeveer 10 jaar oud en as ek nou moet terugkyk, kon ek toe nie naastenby praat van ‘n persoonlike verhouding met die Here nie – ek het Hom wel geken, want ek het in ‘n Christelike huis groot geword; Hy was vir my ‘n “geleentheids”-God wat ek net Sondae geken het, en ten spyte daarvan dat ek nie so gereeld nie, maar net soms ‘n gebedjie opgesê het, het Hy elke oomblik en elke dag Sy hand van bewaring oor my uitgestrek! Ek gee Hom die dank en die eer daarvoor; Jesus wat altyd vir ons lief is; wat altyd verstaan en bereid is om ons te vergewe!

Ek onthou nog een oggend, gedurende die skoolure, het ‘n predikantsvrou ons meisies kom toespreek. Sy het ons van die goedheid van Jesus vertel en aan die einde van haar verrigtinge aan elke dogter ‘n kaartjie oorhandig. Ek het hierdie kaartjie soos ‘n kleinnood bewaar.

My oë val op hierdie kaartjie, dit is al effens vergeel van ouderdom en met klein krakies in, duidelik ‘n teken van ouderdom en baie jare se hanteer, Dit was ‘n paar dekades gelede en ek besef dat, ten spyte van die feit dat my hart toe nog nie aan die Here behoort het nie, hierdie kaartjie se woorde ‘n geweldige indruk op my lewe gemaak het! Dit was my kompas deur my lewe heen en nog vir vandag – God was baie goed vir my want, ten spyte daarvan dat ek op daardie stadium nog nie ‘n persoonlike verhouding met Hom gehad het nie, was hierdie kaartjie vir my die riglyn om op die regte pad van die lewe te bly!

My lewe het baie draaie gemaak maar altyd het ek gesorg dat ek die voorskrifte van hierdie kaartjie navolg. Ek het 24jr gelede my hart aan die Here gegee en ek staan in ‘n persoonlike verhouding met Hom. Ek dank Hom dat Hy my bewaar het en nooit uit Sy hand laat gaan het nie en ek sê dankie vir hierdie kaartjie wat, toe ek Hom nog nie deel van my lewe gemaak het nie, my gehelp het en my Kompas was op die pad van die lewe!

Die kaartjie se woorde:

wat doen u

 

Dit is my wens vandag dat u die woorde van hierdie kaartjie in u hart sal bêre en dit ook die kompas van u lewe sal maak!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Southlands Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button