Local newsNews

Oud hoof oorlede

Pieter Grobbelaar (71), oud skoolhoof van Laerskool Werda, is onlangs oorlede.

Alhoewel hy in Springs gebore is, het die gesin verhuis na Ventersburg terwyl hy nog baie klein was.

Na matriek het Grobbie, soos wat hy genoem was, by die Potchefstroom Onderwyskollege gaan studeer en het hy vir ‘n jaar skoolgehou in Johannesburg.

Maar Grobbie het gereeld na Springs teruggekeer nadat hy die vrou van sy drome ontmoet het.

Om daardie rede het hy geskiet vir ‘n pos nader aan Lilian en het hy die pos by Werda aanvaar. Hy het ook later met Lilian getrou.

“Onderwys was altyd ‘n passie vir Grobbie en hy het altyd geglo ‘n kind is definitief die mees belangrike aspek van onderwys en dat onderwys die wonderlikste beroep is wat ‘n mens kan volg,” sê Lilian.

Uit die huwelik is tweee dogters, Moira en Tania, en ‘n seun, Marius, gebore.

Sedert 1980 het hy as adjunkhoof van Werda waargeneem en is op 1 April, 1984, as hoof aangestel.

Lilian sê dat Grobbie baie gewild was onder sy personeel en leerlinge.

Hy was glo baie bekend vir sy strengheid rondom handskrif by die leerlinge.

Maar dit is nie al waarvoor hy bekend was nie. Die skoolkinders het hom oral uitgeken in sy geel Mazda voertuig wat deur sy eie seuns gedoop is as die ‘geel Ferrari’.

Lilian voeg by dat die kleinseuns nou maar met die geel Ferrari gaan rondry.

Onderwys was vir 35 jaar deel van Grobbie se lewe waarvan hy 20 jaar skoolhoof by Werda was.

“Na sy aftrede het hy gereeld gaan visvang. Hy was mal daaroor,” sê Lilian.

Grobbie het twee hartaanvalle oorleef maar die derde een was fataal.

Lilian voeg by dit het baie te doen gehad met die feit dat hy ook ‘n diabeet was.

“Ons wil net vir die familie en vriende bedank wat ons deur hierdie tyd bygestaan het,” sê ‘n hartseer Lilian.

Grobbie laat sy vrou Lilian, drie kinders, skoonseun en kleinkinders agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button