Local newsNews

AfriForum bekyk ons water

Hulle toets drinkwater en dié wat behandel word

AfriForum, ‘n Afrikaanse burgerregte forum het die veiligheid van Ekurhuleni se water bevraagteken deur dit Donderdag in Springs te toets.

Hierdie was deel van die organisasie se blou-en groendruppel takprojek wat landswyd vanaf 17 tot 27 Februarie gehou is.

Hennie van der Walt, Vryheidsfront Plus se raadslid in Ekurhuleni Metro het die groep van AfriForum vergesel. Hulle was Richardt Lubbe, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, Gert Parsons, Springs-tak se stigterslid, Jaco van der Merwe, een van die tak se lede en Marcus Pawson AfriForum se gemeenskapskoördineerder vir Gauteng-suid.

Die groep het drinkwater by Laerskool Jan van Riebeeck getoets, asook die verwerkte water by Erwat se Welgedacht afvalwaterwerke.

Die groep het al die voorgeskrewe watertoetse op foto’s asook video geneem. Die watermonsters by die skool het van der Merwe, wat ook beheerraadslid by die skool is, vanuit ‘n kraan gekry wat die kinders daagliks gebruik.

By die Erwat werke het die voorsitter van Erwat, Tatis Phasa en senior beamptes die groep eers deur ‘n toer van die werke geneem voordat watermonsters by die inloop van die aanleg, die uitloop en verder af in die stroom van ‘n sytak van die Blesbokspruit gekry was.

Die uitslae sal op 17 Maart bekendgemaak word.

Sien meer foto’s by die gallerye

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button