
Die kleedkamers van Hoërskool Dr Johan Jurgens is nou reggemaak.
Dit sê die segsman van die Departement van Onderwys, Phumla Sekhonyane, nadat kinders van die skool, asook ouers, oor die toestand van die kleedkamers gekla het. Sien die storie op www.springsdvertiser.co.za
Sekhonyane het gesê diefstal van pype het ‘n lekkasie by sommige van die toilette veroorsaak.
‘n Loodgieter was aangewys om hierdie stukkende pype en toilette te herstel.
Sy het ook gesê ‘n saak van diefstal was by die polisie aangemeld.
Oor die gebruik van ‘n betaaltoilet wat sommige kinders die vieste in gehad het, het Sekhonyane gesê hierdie was ‘n ooreenkoms tussen die beheerraad en die ouer-gemeenskap in die skool.



