Local newsNews

Rupert is Gauteng wenner

Rupert Hattingh, 'n kliënt van Nedbank by Selcourt Towers is die gelukkige wenner van R50 000.

Die kompetisie is eers einde verlede jaar geloots regoor Suid-Afrika, en het gestrek vanaf 1 Desember tot 31 Januarie, waar kliënte hul kaarte vir R1 000 moet gebruik.

Die trekking het aan die begin van Februarie plaasgevind en hoofkantoor het die area besturuder Mabalane Modika gekontak, wat weer die takbestuurder Gladys Gladys Gameson in kennis gestel het van die wenner.

“Ons is baie bly dat Rupert een van ons tak se kliënte sowel as die enigste wenner in Gauteng is,” sê Gladys.

Rupert sê hy het eers gelag toe hy die oproep ontvang omdat dit so onmoontlik geklink het.

“Maar nadat ek verseker is dat dit nie ‘n verneukspul is nie, kon ek nie ophou glimlag en die Here genoeg dank vir hierdie wonderlik seën wat my kant toe gekom het,” sê hy.

Die geskenkbewys is R50 000 wat Rupert by enige Makro kan gebruik.

Hy vertel met ‘n glimlag op sy gesig alle goeie gawes kom van die Here.

Die geleentheid is gevier met nie-alkoholiese sjampanje en verversings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button