NewsSchools

Rugbyspan se geluksgodin

Hugies se tweede rugbyspan is 'n span om op trots te wees

Hoërskool Hugenote se tweede rugbyspan het die geluksgodin aan hulle kant.

Tydens die finale rondte van die PUK Prestige wat verlede naweek in Potchefstroom plaasgevind het, klop hulle Hoërskool Noordheuwel met 19-18 en eindig eerste uit 16 skole in die reeks.

Tydens die eerste uitspeelwedstryd van die vorige PUK Prestige-reeks wat onlangs gehou is, klop hulle Hoërskool Bastion van Roodepoort met 32-7.

Daarna het hulle in ‘n naelbyt-wedstryd teen Hoërskool Zwartkop in Centurian die louere weg gedra met ‘n telling van 10-5. Na die vakansie het hulle Hoërskool Brits met ‘n oorwinning van 31-13 geroskam.

Op 12 April het hulle in die semi-finaal teen Potchefstroom Gimnasium te staan gekom.

Na ‘n titaniese stryd deur beide spanne het die tyd uitgeloop en die telling was 0-0.

Net voordat die eindfluitjie blaas, kry Potchefstroom Gimnasium ‘n strafskop reg voor die pale en in plaas van die pale toe skop, neem die losskakel ‘n tikkie en probeer ‘n drie druk.

Gelukkig vir die Hugie spelers slaag die losskakel nie daarin nie en die eindfluitjieblaas met ‘n gelykop geen punte telling.

Met die geluksgodin aan Hugies se kant is hulle tans die PUK Prestige-reeks wenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button