Local newsNews

#droomgroot17-kompetisie vir hoërskoolleerlinge

Afrikaans.com se #droomgroot17-kompetisie inskrywings se sluitingsdatum in 30 September.

Die #droomgroot17 is ’n lekker kompetisie vir hoërskoolleerders om aan deel te neem.

Annelie van Jaarsveld van Afrikaans.com vertel dat die leerders hierdie vakansie kan gebruik om hul video’s te maak en hul inskrywing op sosiale media te pos.

Die kompetisie skop Saterdag, 1 Julie af en sluit op 30 September.

Daar is R10 000 op die spel vir die wenner.

“In plaas van tone en tande tel die wintervakansie woeker eerder met jou talente sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak,” sê van Jaarsveld.

Die #droomgroot17-kompetisie is vir Graad Agt tot Graad Twaalf-leerders.

Van Jaarsveld sê tweede- en derdetaal Afrikaanssprekers kan met die hutsmerk #droomgroot17 op sosiale media deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ’n kreatiewe manier met hulle talente spog.

Die video moet dan opgelaai word.

“Onthou net om Afrikaans.com in die pos te ‘tag’,” sê sy.

Van Jaarsveld sê leerders kan ’n gedig lees, ’n liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hulle stories vertel en die beoordelaars so oorrompel met hulle talent.

’n Paneel kies drie uitstaande inskrywings en die finaliste word dan gevra om hulle in kennis te stel oor hoe die R10 000 gebruik kan word om ’n stappie nader aan hulle droom te kom.

Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees: ’n kitaar, ’n rekenaar, ’n kort musiek- of skryfkursus, ensovoorts, waarna Afrikaans.com die geld beskikbaar stel en namens die wenner spandeer.

Muurkunsprojek by skole

Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer.

Die hoërskoolmuurkuns sluit aan by die #droomgroot17-kompetisie en hoërskoolleerders van daardie skole word ook genooi om aan die #droomgroot17-kompetisie op sosiale media deel te neem.

Die #droomgroot17-kompetisie is egter nie net tot hierdie skole beperk nie en is oop vir ALLE hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika.

By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig en word leerders aangemoedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.

“Die muurkuns het ook ten doel om trots in hul skool en taal te kweek,” sê van Jaarsveld.

Tydens die onthulling van die muurkuns kry leerders die geleentheid om van hul talente ten toon te stel en die wenklas by elk van die deelnemende laerskole kry dan ’n biblioteek in ’n boks.

Kompetisiereëls: https://www.afrikaans.com/wen/heeltyd-speeltyd/wen/kompetisiereels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button