Sien Die Rypmaakkamer en ander Lefra produksies by die Vrystaat Kunstefees
Frans Swart se opspraakwekkende produksie, Die Rypmaakkamer, is vanaf 2 tot 6 Julie in die Jool Kol op die planke.
WEB HEADLINE: Lefra is aan die brand by die Vrystaat Kunstefees
Lefra Produksies, wat in Springs geleë is, is aan die brand by vanjaar se Vrystaat Kunstefees, met vier topproduksies wat vanaf 1 tot 7 Julie in Bloemfontein aangebied word.
Frans Swart se opspraakwekkende produksie, Die Rypmaakkamer, is vanaf Dinsdag to Saterdag in die Jool Kol op die planke.
Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf, en Johny Klein gee lewe aan die unieke karakters in Die Pomporrelkonsert vanaf Dinsdag to Vrydag. Die lekkerlagklug My Oom se Vrou se Plekkie speel vanaf 1 tot 6 Julie in die Creative Kilowatt Pluimbalsaal af.
Mans en vrouens is steeds van verskillende planete… Kom herken jouself in Groet die Grotman 2 met Wynand van Vollenstee vanaf Woensdag tot Saterdag in die Jool Kol.
Alle besprekings kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000 of by www.computicket.com
Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte lekker afslag.
Skakel Monica by 011 815 3000 of besoek www.lefra.com
Also see: ’n Verwerking van The Curing Room in Afrikaans
Al die produksies word aangebied met die trotse ondersteuning van Bains Lodge, RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines en Stuttaford Van Lines.
Frans Swart, besturende direkteur van Lefra, sê dis vir Lefra werklik ’n voorreg om hierdie topproduksies na die Vrystaat Kunstefees toe te bring.
“Ons produksies speel reeds die afgelope paar jaar voor vol teaters by die Vrystaat Kunstefees af en juis daarom is dit vanjaar so lekker om terug te wees in Bloemfontein met ’n wye verskeidenheid topproduksies.
“Ons glo ook dat produksies soos Die Rypmaakkamer, Die Pomporrelkonsert, My Oom se Vrou se Plekkie en Groet die Grotman 2 baie waarde sal toevoeg tot die fees.
“Die produksies verkoop regoor die land uit en dit is werklik trefferproduksies. Ons is baie opgewonde en dankbaar dat ons hierdie produksies Vrystaat toe kan bring.”
Die Rypmaakkamer speel af in die lente van 1944 in die suide van Pole.
Sewe Russiese soldate word deur die Nazi’s in hegtenis geneem en word nakend in die rypmaakkamer van ’n klooster gegooi.
Die voertuie van die Nazi’s vertrek en die sewe soldate word wreed daar agtergelaat om ’n baie stadige dood te sterf.
Die verhaal gaan oor die mans se oorlewingstryd wat lei tot moord, sielkundige afkraking en kannibalisme.
Interpersoonlike verhoudings word tot breekpunt beproef.
Also see: Celebrating the youth of Ekurhuleni through performing arts
Die Rypmaakkamer is Frans Swart se vertaling in Afrikaans van David Ian Lee se The Curing Room en is ’n uitdagende riller wat op ware gebeure gebaseer is.
Die Rypmaakkamer spog met die talente van David Konrad, Mauritz Badenhorst, Dirk Joubert, Anele Situlweni, Gregg Pettigrew, Nathan Hammond en Zack Mtombeni.
Frans Swart behartig die regie van Die Rypmaakkamer, en die produksie dra ’n streng ouderdomsbeperking van geen onder 18’s nie weens naaktheid, taal en geweld.
Follow us on our social media platforms:



