Covid-19 eis geliefde apteker
“My pa het ’n passie vir sy werk gehad en vir die mense wat hy daardeur kon aanraak. Ons het hom baie lief.”
Llewellyn Moyse (56), die eienaar van die Local Choice Audie Apteek in Prince Georgelaan, Brakpan, is Maandag oorlede na ’n stryd met Covid-19.
Moyse, wat in Springs gebore is en groot geword het, was sy hele loopbaan in die aptekerswese. Hy en sy gesin het ten tye van sy afsterwe in Geduld gewoon.
Hy was ’n bekende gesig by twee apteke in Springs en die Med-Leigh Apteek in Boksburg voordat hy uiteindelik by Benn’s Apteek in Brakpan ingeskakel het.
Hier het hy met groot sorg na die apteek se kliënte omgesien en was altyd gereed om raad te gee waar nodig.
Moyse het besluit om ’n droom te verwesenlik toe hy sy eie apteek, The Local Choice Audie Apteek, se deure op 1 Junie 2020 geopen het.
Hy was getroud met Sarie Moyse en die egpaar het twee kinders, Llewellyn (24) en Karlien (27).
Volgens Llewellyn het sy pa op 21 Junie siek geword.
“My pa het ’n passie vir sy werk gehad en vir die mense wat hy daardeur kon aanraak. Ons het hom baie lief,” het Llewellyn gesê.
ALSO READ:
Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus
Sien Groet die Grotman 2 hierdie Sondag in jou sitkamer



