Springs Rugbyklub het die naweek teen Centurion in Pretoria gespeel en die wedstryd in hul guns met 36-28 beklink.
Dit is die 26ste agtereenvolgende oorwinning vir Springs oor die afgelope twee jaar en die sesde agtereenvolgende oorwinning in die 2023 seisoen.
Die wedstryd was ontsier met ’n paar geelkaarte wat uitgedeel was.
Springs se punte was soos volg aangeteken:
Drieë: Francois Prinsloo, Mandla Plumstead, Schalk O’Callaghan, Sweef Potgieter asook ’n strafdrie.
Die res van die punte is aangeteken deur die skopskoen van Brandan Hewit wat drie vervyfskoppe asook ‘n strafskop deur die pale gejaag het.
Die speler van die wedstryd was Mandla Plumstead.
Springs se volgende wedstryd in die Peregrine Liga is op 15 April teen Boksburg by Olimpia Park in Springs.



