Local newsNews

Ekurhuleni gee terugvoer oor herstelwerk

Die pyp is nou vervang, en die lek is reggemaak. Beplanningswerk aan ander geaffekteerde dienste soos riool en stormwater is aan die gang.

Die Stad van Ekurhuleni het terugvoering gegee oor die berig wat verlede week in die Springs Advertiser gepubliseer is (Hier is meer pad as gat).

Dit is soos volg:

Die eerste klagte is inderdaad ‘n paar maande gelede aangemeld. Daar is egter aandag gegee aan die aanvanklike klagtes en ander wat daarop gevolg het.

Die eerste paar lekkasies (tot ongeveer ses) is reggemaak, maar omdat die staalpyp verweer is, het dit aanhou lek langs die herstelde lekkasies nog voordat die aanvanklike sloot weer opgevul kon word.

Dit mag voorkom asof daar net een lekkasie was maar die realiteit is dat daar baie verskillende lekkasies rondom dieselfde pyp was.

Daar is toe besluit dat die gedeelte van die pyp vervang moes word om toekomstige herstelwerk te vermy.


LEES OOK: Trail of togetherness: the rise of Rea Hamba Hiking Club


Na die befondsing verkry is, is die diensverskaffer opdrag gegee om die vereiste materiaal te begin bekom. Weens die aard en grootte van die werk en pyp was die materiaal nie geredelik beskikbaar om dadelik te begin nie. Werk het ‘n aanvang geneem toe die materiaal beskikbaar geraak het.

As gevolg van tegniese uitdagings, wat tydens die werk ondervind is, moes bykomende aanleg bygevoeg word wat vertragings in die werk veroorsaak het.

Die pyp is nou vervang, en die lek is reggemaak. Beplanningswerk aan ander geaffekteerde dienste soos riool en stormwater is aan die gang.

Dit het ‘n groter projek geword as wat aanvanklik verwag is, maar die proses is aan die gang om die werk te voltooi.


LEES OOK: Ekurhuleni Fours Tournament dominates the greens

Related Articles

 
Back to top button