Talle sing, bid saam tydens byeenkoms by Laerskool Jan van Riebeeck
Reunited Kerk het Vrydagaand 'n lofprysing en aanbidding geleentheid aangebied.
Die nie-winsgewende organisasie, Reunited, het Vrydagaand ‘n lofprysing en aanbidding geleentheid by die Laerskool Jan van Riebeeck se sportgronde aangebied.
Verskeie kerke van die dorp het saamgewerk om ‘n sukses van die aand te maak. Die NG Kerk Springs-Oos se groep het die geleentheid afgeskop met Afrikaanse en Engelse lofliedere.
Pastoor Ryno Jacobs van Fondasie Kerk in Geduld het die diens behartig en uit Genesis 1 voorgelees.
Hy het die luisteraars moed ingepraat en gesê dat God elkeen perfek geskape het. Die aand was gevul met inspirerende boodskappe en ‘n kragtige eenheid.
Hy het sy preek afgesluit met: “God is die een wat was, die een wat is en die een wat kom.”
Na afloop van sy preek het AGS Lofoord se groep die aand afgesluit met meer lofliedere.
LEES OOK: Oud-hoof van Springs Tegniese Skool oorlede
LEES OOK: Top klas teater by Laerskool Selectionpark se deure open binnekort



