Local newsLocal sportNews

Hokkiespeler skud blik vir Italië toer

Zander Pitzer is gekies vir die Rhino prestige span wat op die toer gaan.

Zander Pitzer, ‘n voormalige leerder van Hoërskool Die Anker en huidige leerder aan Olympia Park, is gekies vir die Prestige Jeugsport se Rhino toer na Italië.

Zander speel nog steeds hokkie vir Hoërskool Die Anker. Hy het die Rhino streekhokkie o19-span gehaal, en toer van van 2 tot 11 Desember na Italië.

Die kranige hokkiespeler is woonagtig in Springs, en speel meestal voor en links op die veld.

Om die toer te kan bywoon het Zander fondse nodig, en verskeie metodes om die fondse in te samel is al aangepak, met ‘n Backabuddy veldtog aanlyn, twee lootjietrekkings waarvoor kaartjies R50 elk beloop en ‘n ‘n blikskud Saterdag (2 November) by die Mall@Carnival se kruising.

Die koste vir die toer beloop R50 000, maar Zander het ook geld nodig vir nuwe toerusting, klere, kos en blyplek en ‘n bietjie sakgeld.


LEES OOK: Springs Skaakklub speler verteenwoordig Ekurhuleni


Zander dra ook ‘n grootte 12 skoen, en hokkie toks is nie kommersieël beskikbaar in die grootte nie, so hy moet dit pas gemaak aankoop.

Hy is ook besig om uit sy klere uit te groei, volgens sy ma, Natasha Pitzer. Die Backabuddy veldtog is: “From Home Fields to Italian Goals: Support Zander’s Hockey Tour!” vir die wat aanlyn wil donasies maak.

‘n Redelike bedrag is reeds hier ingesamel, wat aangewend is vir Zander se paspoort en visum. Die twee lootjietrekking het albei R50 kaartjies met fantastiese pryse.

“Die trekkingsdatum sal vasgestel word wanneer al die kaartjies vir albei lyste verkoop is, maar dit sal beslis voor einde November wees,” het Natasha gesê.

Vir meer inligting kan Natasha gekontak word by 082 539 0759.



LEES OOK: Dersley Park triplets reflect on high school journey

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button