Kruideniersware benodig vir bejaardes
NG Springs-Noord gemeente beoog om op 11 Desember die bokse met kruideniersware aan bejaardes te oorhandig.
Die NG Kerk, Springs-Noord gemeente beplan vanjaar ‘n feesseisoen uitreik na die bejaarde inwoners van Presidentia.
Kerksraadlid, Gertruida Veldman meen die meeste bejaardes, wat daar woon, maandeliks slegs hul SASSA toelae het om mee te oorleef.
“Die bejaardes kry swaar en as gemeente voel ons dit is ons verantwoordelikheid om na hulle om te sien,” het Gertruida gesê.
Hierdie gemeente beoog om op 11 Desember die bejaardes met bokse vol kruideniersware te bederf en doen ‘n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
Items wat benodig word is onder meer mieliemeel, suiker, koffie, blikkies kos en verskeie toiletware.
Om ‘n bydrae tot die projek te lewer, kontak Gertruida by 083 443 0593.
LEES OOK: Family and friends celebrate Geduld Epilepsy’s fun day
LEES OOK: Chance Children’s Home and Nurturing Centre reopens after 18 months



