Selection Park inwoner mik na Wêreld Kampioenskappe
Dié pa van drie en 'strongman' gaan Suid-Afrika verteenwoordig by Wêreld Kampioenskappe.
Dewald van Deventer (37), ’n inwoner van Selection Park en pa van drie, brei sy deelname aan sterkman-kompetisies uit deur kwalifiseer om Suid-Afrika by die Strict Arm Curl Federation Wêreldkampioenskappe op 3 November in Durban te verteenwoordig.
Hy neem vir die eerste keer deel in die 82.5 kg mans oop-afdeling. Van Deventer het voorheen reeds aan sterkman-kompetisies deelgeneem, maar eers vanjaar die “strict arm curl” en “freestanding curl” aangepak.
Hierdie twee sportsitems behels dat gewigte in ’n bicep curl opgetel word, met die “strict curl” wat gedoen word terwyl die atleet se rug teen ’n muur staan. Die muur mag nie deur enige deel van die atleet se rug of skouers verlaat word tydens die optel van die gewig nie.
“Ek hou baie van oefen, en om jouself te meet teen ander ouens is lekker. Ek het ’n paar keer Suid-Afrika verteenwoordig in sterkman-kompetisies, maar ek is opgewonde om te sien hoe ek nou teen oorsese deelnemers vaar,” het Dewald gesê.
LEES OOK: Springs VLU Carpe Diem fokus op vroue se bagasie en geestelike groei
Sy grootste inspirasie is nie ’n enkele atleet of afrigter nie, maar om sy eie familie trots te maak. Verlede jaar het Dewald ’n hartkondisie ontwikkel en moes hy ’n prosedure ondergaan waarin stente geplaas is.
Weens hierdie rede het hy vir ’n tydperk sy oefening en deelname opsy gesit, wat vir hom ’n groot terugslag was. Tog hoop hy om goed by die kampioenskappe te doen en wil hy volgende jaar weer volkome aan sport deelneem.
’n Groot hoogtepunt vir hom, afgesien van die kwalifikasie vir die wêreldkampioenskappe, was toe hy in 2018 die Afrika-rekord in die “log press”-item verbeter.
Sy raad aan ander wat belangstel in die sport, is om nooit op te gee nie: “Oefen hard, moenie opgee nie, doen altyd jou beste, maar hou aan.”
LEES OOK: Selection Park welcomes new pickleball courts with excitement and community spirit



