Local newsNews

Springs rugbyspan ook vandag in aksie by Panne Sewes Fees

Die Brakpan Rugbyklub is reg vir ’n dag van topklas sewes rugby en gesinsvermaak.

Al die reëlings is in plek vir ‘n dag van aanskoulike sewesrugby wat vandag (Saterdag) by die Bosman Stadion plaasvind.

Die Brakpan Rugbyklub se Panne Sewes Fees bied nie net kookwater rugby nie, maar ook vermaak vir die hele gesin.

Die hekke gaan reeds om 06:30 oop wees en die amptelike opening vind om 07:30 plaas. Die eerste wedstryd skop af om 08:00.

Altesaam 12 spanne gaan mee-ding om uiteindelik as wenners vanaf die veld te stap.

Die spanne is: Springs, Boxers Wit (Brakpan), Boxers Groen (Brakpan), Heidelberg, Vereeniging, Nigel, SA All Stars, WACP, Bomb Squad, Mavericks, Gauteng All Blacks en Boksburg.

Besoekers kan uitsien na ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies, interaktiewe stalletjies, lekkernye, asook handwerkstalletjies.

Eet- en drinkgoed sal ook by die klubhuis beskikbaar wees. Geen koelerbokse sal toegelaat word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button