Local newsLocal sportNews

Ondersteun die gholfdag ter ondersteuning van kriektet ontwikkeling

Die golf dag vind by die State Mines Country Club plaas en samel fondse in vir die ontwikkeling van klub krieket in Brakpan.

Die Brakpan Blazers krieketklub hou op 5 Desember ‘n fondsinsameling-gholfdag vir die ontwikkeling van klubkrieket in Brakpan.

Die gholfdag vind plaas by die State Mines Country Club.

“Ons nooi alle besighede en borge uit om deel te word van ons groot dag! Jou bydrae help ons om ons spelers, toerusting en ontwikkeling te ondersteun,” het Nickita Foxcroft, een van die organiseerders, gesê.

Om ‘n gat te borg is R1 000, wat sigbare handelsmerke op die dag insluit. Daar is ook die opsie om ‘n prys of item te skenk soos vakansies, geskenkbewyse, ‘n mandjie of produkte of promosie-items.

Deur die dag gaan daar veilings wees, pryse vir die “longest drive,” naaste aan die pen, beste vier-bal, langste putt, en “raffles”.

‘n Vier-bal is R2 800, en die format is Betterball scramble drive en two-ball alliance.  Registrasie op die dag begin om 09:00 en die geleentheid begin amptelik 10:30.

Vir meer inligting, skakel Nickita op 082 089 7637.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button