
Beskermings Vereniging om saam met elke hond wat hulle verkoop ook ‘n graaf saam te gee en aan die kopers te verduidelik wat om met die graaf te doen.
Dit lyk my mense dink as hulle ‘n hond aanhou moet die poef vanself verdwyn.
Die honde lê heeldag in dit want daar is nie ander plek nie, hul kry kos tussen dit. Ag nee sies man, sal jy as eienaar van die hond daar eet?
Weet die eienaars van honde wat hulle met die poef moet doen nadat hulle dit opgetel het?
Dit help nie om dit op ‘n hoop te gooi in een hoekie in jou erf nie.
Ons het ‘n verskriklike vlieë plaag en die brommers baljaar nou nog, in die hartjie van die winter, in ons huise. Asseblief, doen iets aan hierdie arme diere wat in die vrot moet leef.
Diere liefhebber
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.