LettersOpinion

Hulle spring voor jou in

Die briefskrywer will hoekom die EMPD offisiere voor die karre inspring

Graag sal ek wil weet hoekom moet die Metro Polisie alewig voor aankomende verkeer inspring om jou te stop?

Jy kan nie net voor aankomende verkeer inspring en verwag die motors moet stop nie.

Mense hou nie by hulle spoed nie, taxis ry binne die geellyne om ander motors verby te gaan.

Mense sit hul noodligte aan, slaan rem en mens moet maar net kop hou.

Telke male in die oggend en middae tydens spits verkeer, word karre afgetrek deur EMPD.

Ek dink regtig hulle moet ook aangevat word oor hulle so op die nipper voor motoriste inspring om hulle te stop.

Wat gebeur as ’n ander motoris agter in my vasry wanneer ’n offisier besluit hy spring voor my in?

Wie gaan die bybetaling van my versekering betaal en my van ’n motor voorsien terwyl my motor reggemaak word? Definitief nie die idiote wat voor my ingespring het nie.

Hoekom moet motoriste alewig versigtig op paaie wees, maar nie die Metro Polisie nie?

Hulle plaas ons motoriste se lewens in groter gevaar.

Daardie man wat daardie offiser verlede Woensdag op Paul Kruger snelweg gestamp het, is nou op vir strafbare manslag, as gevolg van iemand wat ’n idioot was om voor ’n kar in te spring.

Ek voel daar moet regtig ’n berig geplaas word oor die Metro Polisie wat onverantwoordelike dinge doen en nie dink aan ons motoriste wanneer daar voor motors ingespring word.

Bitterlike ongelukkige motoris.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button