Ons seun is tans besig met sy laaste eksamen in die laerskool, en volgende jaar wag Hugies vir hom.
Toe ons hom destyds in Laerskool Selectionpark gesit het vir Graad Een, het ons glad nie die skool geken nie.
Ek wil graag uit my hart baie dankie sĂȘ vir die wonderlike onderwysers en hoof, vir die sewe jaar wat my kind daar spandeer het.
Vanaf Graad Een dwarsdeur tot nou, het hy tonne liefde, geskenke en die wonderlikste behandeling saam met sy onderrig ontvang.
Toe ek twee-en-‘n-half jaar gelede my werk verloor het en ons nie sy skoolgelde kon bybring nie was julle bereid om te help – julle sal nooit weet hoeveel ons dit waardeer nie!
Ek sou graag ‘n paar onderwysers wou uitsonder, maar daar is te veel – julle weet wie julle is.
Baie, baie dankie
Anna-Mari Botes (ouer van Vaughn).



