LettersOpinion

Dankie vir versorging by N17

Ek wil graag hierby my dank aan Dokter Dawid Venter, N17 Hospitaal en sy personeel rig.

Dankie aan sy personeel wat my daagliks in die intensiewe-sorgeenheid besoek het.

Baie dankie ook aan Dr Venter dat hy my op 67-jarige ouderdom geopereer het nadat Dr Wally Nel my as ‘n noodgeval na hom verwys het.

Die intensiewe sorg eenheid verpleeg personeel is wonderlik vir die vier dae wat ek daar was – baie dankie.

Aan al die personeel van die kraamsaal en ook aan my kinders, Pastoor Kobus Blomerus en sy hele gesin wil ek dankie sê.

Julle is onvoorwaardelik deur Jesus as pastoor en gesin gekies.

Dankie vir elke gebed.

Baie dankie ook aan die Springs Retirement Village, ons kon nie vir beter diens, vriendelikheid of bedagsaamheid gevra het nie.

Duisend dankies dat jul so mooi na my man (JA Willemse) kyk tydens my hersterstel na die operasie.

Kan nie wag om hom weer tuis te hê dat ek self na hom kan omsien nie.

Mag die Here jul almal ryklik seën.

Anne-Marie Willemse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button