Awendgloed en Rusoord se seniors wil die volgende persone hartlik bedank vir die aangename en leersame kliniekdag op Dinsdag, 10 Maart:
- Annerie Ferreira en Ashmicka Mungal die maatskaplike werkers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Springs wat alles gereël het en die oggend vir ons so aangenaam gemaak het.
- Dawie Keyser van Trico EMS Paramedics het die seniors se bloeddruk en bloedsuiker gemonitor, asook ‘n ambulans laat kom vir ‘n vrou wat nie wel was nie.
- Die dieetkundiges Odette en Dudu, Nurse Tandi van Crisis Centre van die Verre Oos-Randse Hospitaal.
- Die persone wat die verversings voorsien het en almal wat betrokke was om die oggend so aangenaam te maak.
Baie dankie
Trudie Scheepers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



