Maar ons is opreg dankbaar teenoor die Ekurhuleni ramp- en nooddienste, die metro parke afdeling en die Selpark gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) lede wat ons bygestaan het om die boom te verwyder.
Toe ons om 9nm by die huis kom en nie by ons erf kon inkom nie was dit die bogenoemde mense wat tot middernag gewerk het en weer vroeg die volgende oggend voortgegaan het met die opruimingswerk.
Ons het ongeveer R26 000 se skade opgedoen met die buitemuur se palissade en elektriese heining wat alles verwoes is.
Ons gee al die eer aan ons Hemelse Vader dat die boom weg van die huis af geval het en nie na die anderkant oor die huis nie.
Dit sou verskriklike skade veroorsaak het en die boom sou sekerlik die huis aan die een kant verpletter het.
Graag wil ons groot dank uitspreek teenoor die GPF lede wat almal onmiddellik gereageer het op ons woonstelblok bewoner se noodkreet per radio.
Hulle was in groot getalle binne minute op die toneel.
Julle is onmisbaar.
Dan ook aan die brandweer afdeling met Cassie Venter in beheer, wat tot laatnag geworstel het met sy span werkers, sommer ‘n baie groot dankie aan julle.
Laastens, maar nie die minste nie, aan die parke afdeling wat die aand en ook ‘n groot deel van die volgende dag geworstel het met die totale opruimingswerk van die sypaadjies en straat.
Baie baie dankie.
Ons het groot waardering vir almal wat ons in ons uur van nood bygestaan het.
Steven en Elize Launspach