
Hiermee wil ek graag die Springs paaie department bedank.
Ons pad was vreeslik modder na die reen, soveel so dat ons amper nie in ons erf kon kom soos die voertuie gegly het nie.
Ek het al gesien hoe ons nie by die werk kon uitkom omdat die pad te glibberig is en ‘n groot gevaar inhou.
Nadat ons Dinsdag die paaie departement gekontak het, het hulle my verseker hulle sal die pad gaan inspekteer.
Woensdagoggend het die bure my laat weet die metro is besig met herstelwerk aan die pad.
Ek wil namens almal in Van Niekerkstraat sĂȘ “well done” ouens, dit is wat ons nodig het om Springs weer te kry na die dorp wat dit was.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



