LettersOpinion

Dit is maar net vakansiedae

Susan van Vuuren, van Struisbult, skryf:

Die lang naweke is nou iets van die verlede en dit wil voorkom of die meeste mense nou weer volstoom aan die werk is.

Wonder net hoeveel mense weet ooit waaroor die vakansie dae eintlik gaan.

Vir die ongelowiges is Paasnaweek net ‘n tyd van ontspan, terwyl die meeste Christene die kruisiging en opstanding van Jesus vier.

Met Vryheidsdag is ons almal eintlik veronderstel om 27 April, 1994, te herdenk, maar die meeste mense geniet selfs hierdie vryheid net om te ontspan.

Dan kom Werkersdag.

Selfs my buurvrou het nie geweet waaroor dié dag nou eintlik gaan nie.

Hierdie vakansie dag is daar om hulde te bring aan die werkersklas.

Dit behels die opofferings wat gemaak is om regverdige indiensnemingsstandaarde en ook die stryd teen apartheid.

Of al die Suid-Afrikaners dit so insien of beleef weet ek nou nie, maar die oorhoofse meerderheid het dié dag met groot byeenkomste gevier.

Dit beteken ons moet saamwerk om werk te skep en armoede te bestry.

Selfs hierdie woorde kan ‘n tamaletjie word vir vele mense.

Want hoe help ‘n mens ander as ons almal self sukkel om die pot aan die kook te hou?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button