Vrae en feite vir nuuskierige agies #2
Party van hierdie vrae word beantwoord met kort, ware verhale vanuit die geskiedenis.

Skrywer: Riette Hugo
Resensie deur: Johann Badenhorst
Resensie moontlik gemaak deur: RSG en Penguin Books
Legendariese opvoedkundige Riette Hugo se nuwe boek, Vrae en feite vir nuuskierige agies #2, is ’n wonderlike boek vir nuuskierige kinders wat ywerig is om nuwe dinge te leer.
Die boek is vol interessante en belangrike feite en vrae.
Hierdie vrae wissel van ligte onderwerpe, soos hoeveel verf jy sal nodig hê om ’n boeing te verf, na meer dringende sosiale vrae soos huwelike, hoe die media mense en kinders kan manipuleer met woorde, die gebruik van dwelms, rassisme en seksisme.
Also read: Book review: Ill Will. The Untold Story of Heathcliff
Party van hierdie vrae word beantwoord met kort, ware verhale vanuit die geskiedenis.
Na elke hoofstuk is daar ’n ‘woordeskat’ gedeelte waar kinders nuwe woorde kan leer en hul woordeskat kan uitbrei.
Daar is ook wetenskaplikke hoofstukke waarin, onder andere, Gregor Mendel se deurbrake en die oorsake van verslawing bespreek word.
Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 is ’n boek wat beide kinders en hul ouers sal geniet en waaruit hul nuwe dinge sal leer.
Follow us on our social media platforms:



