BlogsOpinion

Petro Swanepoel sê dankie vir suksesvolle jaareindfunksie

“Op wonderbare wyse het ons die oorwinnig behaal en kon ons die hand van ons Here sien werk.”

Petro Swanepoel is dankbaar vir Profeet Sannie Pieters and Filadelfia Church of all Races

Petro Swanepoel skryf :

Eerstens wil ek net namens ons Profeet Sannie Pieters en gemeente van Filadelfia Church of all Faces, geleë te Persida, Springs, baie dankie sê vir die voorreg om on spesiale aand te kon deel.

Ons jaareindfunksie word op verskillende wyses aangebied, maar hierdie jaar het die Here ’n spesiale aanbieding vir ons in gedagte gehad.

Op wonderbare wyse het ons die oorwinnig behaal en kon ons die hand van ons Here sien werk.

Daarom wil ons dit graag deel.

Ons mense het so pragtig gelyk. Daar was ‘n besgeklede paar en ook is daar wenners gekies uit enkellopende jong mans en dames en enkellopende ouer mans en dames.

Ons het ’n paartjie gehad wat hul 61ste huweliksherdenking saam met ons deurgebring het.

Ons beoordeelaars suster Lena en suster Gerda sé dit was so moeilik om wenners te kies, want almal het pragtig gelyk.

Ons as gemeente van Filadelfia Church of all Races wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ons moderator Profeet Sannie Pieters te bedank vir alles wat sy gedoen het om ons by te staan om hierdie geleentheid so ’n sukses te kon maak.

Ons sê ook dankie aan elke suster wat baie opofferings gemaak het om alles so pragtig te laat lyk.

Follow us on our social media platforms:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button