Local sportSport

Jong o/11 SA Rinbal speler

Fransie Cox is een van drie o/11 SA Ringbal spelers wat hul SA kleure ontvang het.

Fransie Cox het onlangs haar o/11 SA Ringbal-kleure verwerf by die Nasionale Ringbal Toernooi.

Hierdie Laerskool Jan van Riebeeck leerling speel sedert 2011 ringbal en is verbonde aan die Welgedacht Ringbal klub.

Alhoewel sy die kortste in die span is en die kompetisie is sterk, is dit ‘n groot prestasie wat haar te beurt geval het.

Fransie se ma Poppie vertel dit was senutergend om te wag, veral nadat twee van haar spanmaats se name alreeds uitgeroep is en nie sy nie.

“Maar toe ons haar naam hoor en haar op die podium sien staan, weet ek nie wie het die hardste gehuil nie, sy of ek,” spog Poppie.

Maar benewens Fransie se sports prestasies doen sy ook baie goed op skool en is onder die top 10 in akademie.

Welgedacht Ringbalklub het ook twee ander dogters wat SA-kleure verwerf het, naamlik Gabi Cameron en Ju-rain Scott.

“Hulle aldrie het span gekry, wat ‘n groot prestasie is, en glo my ek is baie trots op my kind,” vertel Poppie.

Poppie sĂȘ verder dit is baie harde werk en motivering om die kleintjies daar te kry, maar dit is alles die moeite werd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button