Local sportSport

‘n Sensei met ‘n passie vir kinders

Sensei Michael sê dit gaan om meer as net karate

Michael Roetz (44) het sy sesde dan in karate en beoefen die sport sedert hy agt jaar oud is.

Met altesaam 120 titels wat hy op nasionaal en internasionale vlak verower het, is sy grootste prestasie die wereld titel wat hy verower het in 2000.

Hy woon in Edenvale maar ry elke Dinsdag en Donderdag middag Springs toe om sy studente af te rig by die Springs Old Boys Klub.

Die rede hiervoor is sy liefde vir die sport en vir die kinders.

Die  Michael Roetz Karate Institute strewe om te dissiplineer en ook deur om te gee.

“Daar is so baie wat geen oefeninge doen nie en sport is belangrik vir kinders se ontwikkeling en gesondheid,” sê hy.

Die karate styl wat sensei Michael hulle beoefen is Budo Karate International-BKI/KWF Karate World Federation, wat  ‘n Shotokan styl is.

Hy was ook lid van die Protea span vanaf 1994 waarvan sy twee dogters Renstia (15) en Marinda (12) ook nou deel is.

Hierdie trotse pa en sy twee dogters is gekies by Karate Suid-Afrika  om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Zone 6 Sub-Saharan All-Style Karate Championchips.

Michael was die assistant afrigter vir die Protea span

Hy is op die opeldingskomitee van die South African Sports Confederation and Olympic Committee vir Karate Suid-Afrika as Protea afrigter.

Sensei Michael sê kinders met leer probleme of is aandag afleibaar kan baie baat by karate, aangesien die sport hulle die geleentheid gee om al hulle energie op te gebruik.

Dit help hulle ook met konsentrasie en die sport het die vermoe om spier gebruik te versterk.

Tussen al die afrigting en oefening maak Michael ook tyd vir sy gunsteling sport, rugby, en is ‘n groot Leeu ondersteuner.

Hy is baie trots op sy twee dogters wat self besluit het om in pa se voetspore te volg in karate.

Hulle oefen ook twee dae ‘n week saam met hul pa in Springs.

Michael wil ouers aanmoedig om hul kinders aan karate blood te stel omdat hy glo ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.

Die klub se oefentye is Dinsdag en Donderdag by die Springs Old Boys Klub in Pollak Park om 5nm.

Vir meer inligting, kontak Michael by 083 659 0084.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button