Enigeen wat nog die Krone by Carnival City wil sien, sal moet gou spring.
Daar is nog ‘n paar kaartjies beskikbaar vir die optrede op Sondag, 27 Julie om 2nm.
Vyf van SA se beroemdes gaan optree in die Krone skouspel naamlik: Kurt Darren, RayDylan, Snotkop, Nicholis Louw en Heinz Winckler asook agt gaste wat Monique, ElizmaTheron, Liezel, Silwer en Goud, Manie Jackson, NRG en Pierre Rossouw insluit.
Die optrede, wat die trefferliedjies van die Krone-album sal insluit, gaan dié aand energieke en opwindende pret en genot bring.
‘n Mengsel van die ouer en bekendste trefferliedjies van dié groot vyf kunstenare ooit gaan ook bydra tot die genot van die aand.
Daar gaan ook ‘n verskeidenheid weergawes wees van van die wêreld se grootste kunstenare soos Bryan Adams, Queen, Belinda Carlisle, Creedence Clearwater Revival, Cyndi Lauper, Toto, die Bee Gees en vele meer.
Kaartjies is van R100 tot R450 en is by Computicket beskikbaar.
Saterdag se optrede begin om 7nm, maar die deure sal om 6nm oopmaak.
Die optrede vir Sondag sal om 2nm begin en die deure sal om 1nm oopmaak.
Vir meer inligting, besoek www.suninternational.com of skakel 011 915 5800.



