
Dit vertel die verhaal van Fish Pescado, ‘n lenige, blonde privaatspeuder wat sonder werk sit.
Wanneer Vicki Kahn, ‘n prokureur met ‘n poker probleem, hom nader om uit te vind wie die drywer was wat ‘n toeskouer doodgery het tydens ‘n onwettige motorwedren, het hy geen ander keuse as om die werk te vat nie.
Maar die saak is nie so maklik nie want die moordenaar het vriende in hoƫ plekke, selfs tot by die polisiekommissaris.
Soos die pas versnel sukkel Fish en Vicki om tussen die goeie en slegte ouens te onderskei.
Hierdie is ‘n lekker Afrikaanse verhaal wat aanklank sal vind by lesers wat hou van aksie en spanning.
Dit is ook beskikbaar in Engels: Of Cops and Robbers.



