EntertainmentLifestyle

Lefra soek ‘n kind vir Fiela

Lefra Produksies het in 2017 die bekroonde Fiela se Kind deur Dalene Matthee opgevoer en landwyd getoer.

As gevolg van die belangstelling en ongekende sukses van Fiela se Kind, het Lefra Produksies besluit om voort te gaan met die opvoering van Fiela se Kind in 2018.

“Fiela se Kind leen hom werklik so goed vir die verhoog toe.

“Dis so ’n wonderlike storie wat duidelik sê dat die liefde alles oorwin en die storie is so universeel en tydloos,” sê Frans Swart, regisseur van Fiela se Kind.

“Ons was oorweldig met die sukses van Fiela verlede jaar en juis daarom het ons besluit om vanjaar voort te gaan met hierdie epiese werk.”

Lees ook: Fiela se Kind in Springs

Vian Singleton, wat verlede jaar die rol van Benjamin/Lukas (Fiela se optelkind) gespeel het, het die afgelope jaar baie gegroei en uiteindelik die Fiela-bad uitgegroei.

Swart sê dat Vian ’n uitstekende vertolking van die rol van Benjamin/Lukas gedoen het.

“Ons is hartseer om van hom afskeid te neem, maar skielik pas die lummel van ’n seun nie meer lekker in Fiela se bad nie.

“Dis ongelukkig so ’n ikoniese toneel dat ons ’n kleiner seuntjie sal moet kry.

“Vian en Phillru van Achterbergh, wat die groot Benjamin speel, het ook baie goed teenoor mekaar gespeel.

“Die soektog is aan om die volgende Benjamin te vind!”

Oudisies word tans vir die jonger Benjamin/Lukas gedoen.

• Dit moet ’n seun wees tussen 10 tot 14 jaar en verkieslik klein gebou.

• Die seun moet bruin hare hê.

• Indien hy nie bruin hare het nie, moet hy bereid wees dat sy hare bruin gekleur word.

• Drama ondervinding en opleiding is ’n pluspunt, maar nie ’n vereiste nie.

Daar sal ook oudisies gehou word vir Willem, seun van Barta en Elias.

• Tussen die ouderdom van 12 tot 17 jaar.

• Seningrig en fris, want hy werk baie by die bome.

Belangstellendes kan CV’s en ’n onlangse foto e-pos na admin@lefra.com

Dit is ook belangrik om vir ons te sê presies vir watter rol ’n oudisie afgelê wil word.

Vir meer inligting, skakel vir Charl Senekal by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na info@lefra.com

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button