Wen kaartjies na Rocco se Kortbroek, Langkouse by Carnival City
Vyf lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie na Rocco de Villiers se Kortbroek, Langkouse produksie wat hierdie Sondag om 3nm by Carnival City aangebied word, wen.
Vyf lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie na Rocco de Villiers se Kortbroek, Langkouse produksie wat hierdie Sondag om 3nm by Carnival City aangebied word, wen.
Al wat jy hoef te doen is om die volgende na 43366 te SMS: Wen (dan ’n spasie) Brakpan Herald, jou naam en van en jou e-posadres.
Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal. Standaard SMS-tariewe geld.
Also read: Lefra bied Pieter Smith aan
Kortbroek, Langkouse is Lefra se eerste Applous-konsert wat Sondagmiddag plaasvind. Die ander Applous-konserte vind oor die volgende paar weke plaas.
Pianis en vermaaklikheidster Rocco de Villiers het die afgelope 22 jaar 13 instrumentale CD’s, drie “Best off”-versamelalbums van sy werk vrygestel, twee koffietafelboeke, ‘n DVD en 35 instrumentale verhoogproduksies geskryf en vervaardig.
Also read: Broadway hits on Lefra’s Cellar Concerts
Rocco sê dis wonderlik om terug te wees op die regte egte verhoogplanke.
“Almal van ons in die vermaaklikheidsbedryf is deur ’n rowwe tyd, maar nou is ons terug en ons vra ons aanhangers om ons nou te kom ondersteun. Daar is niks soos ware lewendige teatervermaak nie.”
Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com



