Huldeblyk aan Ken Mullan: 1944 – 2018
SA se geliefde Ierse Boertjie sterf stil-stil in sy vaderland
Slegte nuus vir diegene wat nog nie die doodstyding verneem het nie, is dat Suid-Afrika se geliefde Ierse Boertjie, Ken Mullan (74), op 9 Julie skielik oorlede is.
Ken was vir sowat drie dekades ‘n groot gunsteling by Suid-Afrikaanse Country-liefhebbers en het dwarsoor die land opgetree. Hy het ook gereeld in die Vaaldriehoek opgetree en was bekend as ‘n ware “gentleman” in die musiekbedryf. Buiten Country-musiek het hy ook verskeie Ierse volksliedjies en Gospel-liedere in sy kenmerkende Ierse aksent gesing.
Hy het ‘n tyd gelede na Ierland teruggekeer, waar hy volgens die Vaaldriehoekse musiekkenner en radio-aanbieder, Marius de Vos, skielik op 9 Julie by sy huis in 85 Hopefield Road, Portrush (Ierland) gesterf het. Hy word oorleef deur sy vrou Jennifer en seun Roger.
“Rus in vrede Ken, en dankie dat jy die Suid-Afrikaanse Countrybedryf so verryk het!” sê Marius, wat dié talentvolle sanger goed geken het.
Kyk na die huldeblyk aan Ken, wat saamgestel is deur Danie Meyer, by hierdie skakel: