Bruid van die Jaar 2023

2023 Wenner

Ilze en Wessel Mostert
Datum : 9 September 2023
Ilze vertel :
Dit was beslis nog die mooiste, kosbaarste, gelukkigste dag in my lewe.
Alles was perfek. Ek is ‘n mode ontwerper en het die voorreg gehad om my droom rok saam met my ma te ontwerp en maak en vir beter kon ek nie vra nie.
My boetie het my in die kerk ingebring, en voor het Wessel vir my gewag. Ds Andries het die mooiste boodskap gebring wat ons nooit sal vergeet nie, en al my hartsmense was almal daar.
‘n Onbeskryflike vreugdevolle dag.
Waardes & ons spesiale huwelik:
Ek en Wessel is al 9 jaar in ‘n verhouding, ek kon ek nie wag om met my droomman te trou nie.
Ons deel passie vir reis, buitelewe, familie tyd en saam kos maak.
Ons glo geloof, vertroue, respek en eerlikheid maak ‘n verhouding.
Ek weet ons is albei bitter trots op mekaar en ondersteun mekaar in alle opsigte en met die Here aan ons kant kan ons alles oorwin.
Ek is gelukkig om met my beste maatjie te kon trou.
2023 Inskrywings

Veronique en Dirkie van Wyk
Datum van troue : 2 Januarie 2023

Bernadine & Evan Berling
Datum : 9 September 2023
Bernadine vertel : Soos elke trou storie begin, die dag was net te vinnig verby. Die dag voor die troue het als verkeerd geloop wat kon verkeerd loop. Maar die dag van die troue het vroeg begin en te vinnig geëindig. Ek kon nie wag om Mev Berling te word nie. Die troue was bitter spesiaal en wonderlik. My en my man se waardes is om altyd mekaar by te staan deur goed en sleg en om mekaar onvoorwaardelik lief te sal hê en om altyd vir mekaar te sê hoe lief ons mekaar het

Antonett en Tiaan Grové
Datum : 15 April 2023

Zandelee en Pieter Willemse
Datum : 4 November 2023
Ons is by The Wine Barrel getroud. Ons het reeds 2 pragtige dogtertjies saam, dit was vir my so spesiaal dat hulle die wonderlike dag saam ons kon deel. Ons was ‘n klein groep van 40 mense en ek kan met alle eerlikheid sê dis presies hoekom dit ons vriende is, almal het uit hul pad gegaan om ons gelukkig te maak! Die stres was lekker hoog omrede ek alles self gedoen het maar die dag was 1 groot sukses!
Ek is so bly om die pappa van my kinders my Man te kan noem en ook uiteindelik dieselfde ” Van” te hê as die res van my gesinnetjie!! Ons wil alles in ons lewe tot die beste van ons vermoë vir ons as gesin en ons Ewige Here te kan doen!

Jeanne-Lee en Niel Cloete
Trou datum: 25 Feb 2023
Jeanne-Lee is aan die woord : Emosioneel onbeskikbaar het ons mekaar gevind, nou in ‘n huwelik gebou op vryheid, vertroue en aanvaarding. Ons sprokies-plaas-troue op die voorstoep van ons amper klaar geboude huis. Saam ons mense speel ‘n montage af om alles reg te kry. Deur al die eg Suid-Afrikaanse uitdagings was elke stukkie detail uiteindelik perfek en het ons letterlik gedans tot die son opkom. Met bitter baie bont blomme, kristal glase, fairylights, verrassings, musiek en samesyn was troue van die jaar ‘n understatement.

Charlotte en Jaco Malan
Datum : 26 November 2023
Ons spesiale dag het oor ‘n naweek gestrek saam met die mooiste familie en vriende. Waterfall Cathedral Hogsback het ons Saterdag seremonie voor ‘n waterval gedoen. Ons Saterdag onthaal was aan die bokant van waterval. Reënerige dag geseënd met God se teenwoordigheid. Sondag 26 November 2023 is ons tweede seremonie in St Patric kerk Hogsback. Sonige dag saam met vriende en familie. Twee trou rokke 2 venues in een naweek. The Edge Mountain retreat huisves ons vriende en familie.

Fiona en Abraham Oosthuizen
Datum : 7 April 2023