Gerrie gaan ’n paar lewenslesse deel vir wanneer die lewe vir jou ’n skewe bek trek
Dit is altyd lekker om te luister as Gerrie Jordaan waardevolle pêrels oor die lewe deel.
Die Kosmos-dames van die Gereformeerde Kerk Hoëveld nooi almal uit na ʼn damestee.
Die tema van die dag is, ‘As die lewe jou ʼn skewe bek trek’.
Die dag gaan gevul wees met optredes deur Sout en Saffraan, wat heerlike musiek gaan maak asook ʼn dansvertoning deur Anchen Bezuidenhoud.

Ander praatjies wat gehoor kan word op dié dag is Yvonne Joae wat sosiale media gaan bespreek asook Gerrie Jordaan as spreker.
Daar gaan ook uitstallers wees en die gemeenskap word aangemoedig om ʼn ekstra geldjie saam te bring om hulle te ondersteun.
Van die stalletjies gaan klere, opvoedkundige produkte asook kuns, om net ʼn paar te noem, te koop hê.
- Maak solank ʼn sirkel op jou kalender vir Saterdag, 24 September.
- Die kostes beloop R200 per persoon en daar sal ʼn ligte ete met koffie en beskuit ingesluit wees.
- Dit word by Curro Hoërskool Bankenveld gehou vanaf 08:00 tot 13:00.
Vir meer inligting oor die dag of kaartjie-verkope, kontak vir Ria Jacobs by 082 418 3587 of gaan maak ʼn draai by Waste Me Not in Del Judor om kaartjies te koop.
Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 of epos: [email protected]
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
