Local newsNews

Hekel- en breinaalde klap 30 uur lank om komberse te maak

’n Groepie plaaslike vroue het ywerig deelgeneem en het by Klawer Flyt aangemeld gereed en gewapen met brei- en hekelnaalde, genoeg wol en genoeg drink- en eetgoed om hulle die nag deur te sien.

Die vingers het flink gewikkel en die hekel- en breinaalde het behoorlik geklap om soveel as moontlik komberse gereed te kry vir dié wat dit hierdie winter benodig.

Yvonne Coetzer laat die naalde klap tydens die hekel- en breimarathon.

Die 30-uur lange Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se landswye Hekel- en Breimarathon het Vrydag, 26 Mei om 12:00 afgeskop en Saterdag, 27 Mei om 18:00 klaargemaak.

Dís hoe dit gedoen word, wys Sarie Nel.

Sowat 1 500 mense op 90 verskillende plekke oor die land het aan dié projek deelgeneem.

Zenobia de Jager skrik nie om vir 30 ure te brei nie.

’n Groepie plaaslike vroue het ywerig deelgeneem en het by Klawer Flyt aangemeld gereed en gewapen met brei- en hekelnaalde, genoeg wol en genoeg drink- en eetgoed om hulle die nag deur te sien.

“Ons groepie vroue wat deelgeneem het kon daarin slaag om 31 komberse klaar te maak en daar is nog wat moet inkom, so ons gaan omtrent 40 komberse kan bydra van eMalahleni af,” het Zenobia de Jager gesê.

Die vierkantblokkies van 20 x 20 cm (granny square) word na ’n sentrale punt gestuur waar dit geheg word. Elke kombers bevat sowat 44 blokkies.

Margaret Makua maak seker daar is genoeg wol vir die groot marathon.

Die komberse word dan van daar af versprei na bejaardes, plekke van veiligheid en kinderhuise waar daar behoefte is.

“Dit was so lekker en die vroue het besluit om sommer nou reeds te begin hekel en brei vir volgende jaar se projek,” het Zenobia gesê.

Mense wat graag wil deel word van die groepie om ’n verskil in iemand se lewe te maak, kan by Klawer Flyt (Winkel 17, Wersia-gebou, Jeanettestraat, Del Judor) gaan aanklop vir meer inligting.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button