CrimeNews

Kapings vind plaas tussen inwoners

“Terwyl ek in my truspieëltjie gekyk het, het ek gesien hoe al vier verdagtes in die BMW inklim en Springvalley se kant toe jaag,”

Die woord kaping is glad nie meer nuut vir die inwoners van eMalahleni nie.

“Net wanneer ons dink hulle het niks nuwe tendense nie verras hulle ons,” het ’n anonieme inwoner gesê nadat hy al meer as drie keer byna die slagoffer van kapings was.

Op Vrydag 11 November het daar ’n soortgelyke voorval plaasgevind soos berig in WITBANK NUUS (11 November) waar vier mans ’n man se motor in Gordonweg gekaap het. Die voertuig stem ook ooreen met die een wat die deur die kapers gebruik is in dié voorval.

“Ek het by die vier-rigting stop stilgestaan by die Reynorif vulstasie. My aanwysers was aan om links te draai. Die voertuig voor my het op so manier gestop dat ek nie kon verbyglip nie. Ek is altyd paraat en is gewoond aan al die manne wat langs die stopstraat staan vir werk, maar daardie dag was almal skoonveld, behalwe vier onbekende mans. Wat my aandag getrek het was die vier mans wat in ’n wit BMW gestaan en al die verkeer bly dophou het,” het me. Yolande Kemp vertel.

Sy het vertel dat sy nog in ’n toestand was oor die nuus dat haar vriendin ernstig beseer is in die ongeluk op die R555.

“Ek het met dikgehuilde oë in die kar gesit toe ek ’n aanhoudende ruk aan my kar gevoel het. Toe ek weer sien het daar ’n man met ’n rooi hoed en ’n gesnyde letsel oor sy wangbeen asook, ’n goue stuk in sy tand sien aan my deur pluk. Ek het dadelik na my passasier kant gekyk en daar was nog ’n man besig om my kar se deurhandvatsels te ruk en pluk. Dit is toe waar ek in die kant van my oog gesien het dat daar nog ’n verdagte by my agterdeur doenig was. Ewe skielik het ek ’n bitter harde geluid gehoor en dis waar die krake van my windskerm vandaan kom,” het sy moedeloos vertel.

CV478rs
Die skade wat vier kapers Vrydag 11 November aan me. Yolande Kemp se voertuig gelos het.

Kemp het vorentoe begin ry om weg te kom.

“Terwyl ek in my truspieëltjie gekyk het, het ek gesien hoe al vier verdagtes in die BMW inklim en Springvalley se kant toe jaag,” het sy gesê.

Enkele ure na Kemp se voorval is daar net twee strate daarvandaan ’n rooftog aangemoeld waar twee onbekende mans daarin geslaag het om ’n voertuig te steel.

“Ek het die middag net na 17:00, soos elke ander dag voor my huis gestop en my toeter gedruk sodat iemand van binne in die huis vir my die hek sal oopmaak,” het die inwoner vertel.

Haar broer het die hek oopgemaak en terwyl dit halfpad oop was het twee onbekende mans letterlik uit die bosse gespring en hul vuurwapens op hulle gerig.

“Hulle het vir my broer geskree om in die huis in te gaan en my uit my voertuig gepluk. Ek kan darem sê die mans het my toegelaat om my foon en my handsak uit die voertuig te haal en toe weggejaag Springvalley of Tasbetpark se kant toe,” het sy angstig vertel.

“Ek belowe jou, niemand wil so iets deurmaak nie en ek voel die gemeenskap moet weet wat gebeur in ons dorp, dis net ons mense is te bang om te praat,” het die anonieme inwoner gesê.

Polisiewoordvoerder, kapt. Eddie Hall waarsku die inwoners om op ’n weeklikse basis die basiese veiligheidsmaatreëls toe te pas om sulke voorvalle te probeer voorkom.

“Daardie Vrydag het my net geknak en ek het besluit hierdie booswigte gaan nie weer wegkom met ’n weerlose vrou se besittings en voertuig nie, maar hartseer om te sê dat hul toe wel hul voertuig vir die dag by ’n ander vrou gevat het,” het Kemp ten slotte gesê.

LEES OOK:
Kapings se syfers klim
Verwag enige tegniek vir kapings

Check Also
Close
 
Back to top button