22-jarige veg vir sy lewe na ongeluk op Oukersaand
Dylan Weber se familie klou vas aan die kosbare hoop vir ’n wonderwerk en vra die gemeenskap om saam met hulle te bid.
Terwyl ander gesinne die minute aftel tot middernag om geskenke oop te maak, het die horlosie se syfers net na 23:00 vir Dylan Weber se familie vasgehak.
Weber veg vir sy lewe in Witbank Hospitaal. Hy is op ’n asemhalingsmasjien gekoppel in die intensiewe sorgeenheid van Witbank Hospitaal.
Sy beserings is baie ernstig. Hy het sy kop baie hard gestamp, sy arm is op twee plekke gebreek en hy het ’n gekraakte skedel en beenbeserings opgedoen.
Toyota Corolla smashes through wall at OR Tambo bend hotspothttps://t.co/0qQDB8knMV #Accident #Christmaseve #crash #wtbnews #witbanknews pic.twitter.com/d85YhWju0d
— WitbankNews (@WitbankN) December 24, 2025
Die ongeluk
Die tragedie het afgespeel toe Weber beheer oor sy Toyota Corolla verloor het.
Die motor het teen ’n baksteenmuur gebots en gerol. Die impak was so groot dat hy uit die motor geslinger is.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en dit word ondersoek.
@witbanknews The driver of a Toyota Corolla lost control of his vehicle and smashed through a brick wall. #Emalahleni #witbanknews #crash #SAPS #breakingnews ♬ original sound – witbanknews
Familie vra vir gebed
Weber se niggie, Ilze Terblanche het gesê die familie klou vas aan die hoop dat Weber sal aanhou veg.
“Ons doen ’n dringende versoek, staan asseblief saam met ons in gebed. Dylan se lewe lê nog voor hom. Hy het nog so baie om te bied. Sy ma in aan skerwe, en kan nog nie die skok verwerk nie,” het Terblanche gesê.
Weber se ma gaan 14:00 weer hospitaal toe en Terblanche het gevra dat die gemeenskap by die hospitaal bymekaar kan kom om vir Weber te bid.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: [email protected]
