Local newsMunicipalNews

Riool laat skrootwerf stink

’n Oproep aan die WITBANK NUUS op Dinsdag, 29 Maart, om hierdie onophoudelike vloei van riool aan te meld, het geen terugvoer gekry nie.

“’n Geblokte drein is nou al op daardie punt waar die menslike afval daar begin uitkom,” het Bernice Smith ontstoke gesê.

’n Oproep aan die WITBANK NUUS op Dinsdag, 29 Maart, om hierdie onophoudelike vloei van riool aan te meld, het geen terugvoer gekry nie.

Die riool wat onophoudelik by ’n geblokte drein uitvloei, voor ’n skrootwerf (Foto verskaf).
Die riool wat onophoudelik by ’n geblokte drein uitvloei, voor ’n skrootwerf (Foto verskaf).

“Ek rapporteer hierdie probleem al vanaf 12 Maart en niemand het al hier uitgekom om dit reg te maak nie. Ons het ’n skrootwerf in Mandelastraat en die riool loop uit ’n geblokte drein uit, in die groot drein in. Die riool lê in die pad en daar is al ’n gat in die pad as gevolg hiervan,” het Smith gesê.

Sy het ook bygevoeg dat mnr. Collin Meintjies van die munisipaliteit geskakel is en ook ’n klagte op mnr. Theo van Vuuren se Facebook-blad geplaas is, maar die probleem ruik steeds verskriklik.

Teen druktyd was steeds geen terugvoer van mnr. Theo van Vuuren ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button