Local newsNews

Talentvolle skolier reik hoog

Natasha van Deventer is saam met 13 ander Suid-Afrikaners deur twee Amerikaanse agente gekies om aan Actors, Models and Talent Convention in Orlando, Florida in Amerika te gaan deelneem.

Jongmense uit Jamaica, Australië, Kanada en Amerika neem ook glo deel aan dié twee weke lange siftingsproses.

In die eerste week gaan bekende akteurs die jongmense leer toneelspeel. In die tweede week gaan meer as 100 agente die jongmense uitkies vir onderhoude. Hieruit volg ’n kontrak met die oog op ’n akteursloopbaan.

“Ek ken Jaco Booyens en sy vrou, Phillipa, wat in Amerika woon en daar diep spore getrap het,” het Natasha gesê.
Slaag sy dié keer nie, kom sy terug en skryf aan die einde van die jaar haar matriek aan Hoërskool Generaal Hertzog.
Nietemin hou die stad en sy mense vir Natasha duim vas. Sy het baie natuurlike talent, het die agente gesê.

Haar moeder bied later vanjaar ’n musiekkonsert aan om Natasha se kostes te dek. Die gaskunstenaar is die gewilde Jennifer Zamudio.

Back to top button