Dis genoeg rede om vroeg uit die vere te wees
Dié mark se gewildheid neem toe. eMalahleni het reeds vroegoggend by die mark gaan inloer.
Die gewilde Sonopmark het die afgelope naweek weer gesorg vir groot bedrywighede in eMalahleni.
Op Saterdag 30 Mei is besoekers verwelkom deur die heerlike reuk van vars koffie en die vrolike klanke van boeremusiek in die agtergrond, wat dadelik ‘n snoesige winteratmosfeer geskep het.
LEES MEER Die VLU Nocturne se oop harte is die grootste winskopie
Met ‘n ryk verskeidenheid van vars blomme en groente, keurige vleisprodukte, geurige tuisgebak en unieke geskenkies, was die mark die absolute ideale manier om die Saterdagoggend mee te begin.
SIEN DIE FOTO’S HIER













Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
