NewsSchools

HGH palm akademiese pryse in

Tydens die Departement van Onderwys se jaarlikse prysuitdeling vir die Nkangala-streek in Middelburg is een van Hoërskool Generaal Hertzog se bekendste onderwysers vereer.

Me. Ronel van der Merwe is Vrydag 17 Januarie, aangewys as die matriekonderwyser met die beste uitslae vir 2013.

Dian Kemp ontvang een van vele toekennings tydens die onlangse Nkangala prysuitdeling.
Dian Kemp ontvang een van vele toekennings tydens die onlangse Nkangala prysuitdeling.

Sy bied Engelse Eerste Addisionele Taal aan.  Die skool is baie trots op haar matriekgroep van 120 wat 30 onderskeidings behaal het met ’n gemiddeld van 71.6%.  Haar beste kandidaat was Dian Kemp met 92% vir Engels. Dis die hoogste in dié vak in die Nkangala-streek.

Dian is verder ook aangewys as Nkangala se toppresteerder en in die Mpumalanga-provinsie behaal hy tweede plek. Dian gaan in 2014 aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy is die jongste seun van nog ‘n HGH-onderwyser, me. Sandra Kemp.
Akademiese uitnemendheid is beslis ’n doelwit waarna daar in Hoërskool Generaal Hertzog gestreef word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button